Die Vergeet my nie-akteur ryg die rolle een na die ander in, het gesonder begin leef en hard geoefen vir ’n nuwe lyf vroeër vanjaar. Op Donderdag 26 Mei het hy egter ’n reuse nuwe hoogtepunt bereik; hy is nou verloof aan die liefde van sy lewe!
Gelukwensings het van alle oorde van ingestroom toe Arno die nuus op Instagram bekendmaak met bekendes soos Sean van Noordwyk, Bouwer Bosch en Rikus Strauss wat vir die paartjie gelukgewens het.
Arno het onlangs die hoofrol in Vlugtig, ’n splinternuwe Afrikaanse rillerfliek, vertolk. Hierin speel hy die rol van die akteur Simon Berg wat moet voorberei om in ’n gesoute regisseur se nuwe Rooikappie-toneelstuk die rol van die houtkapper en die wolf te speel.