Hierdie Desember is Jacques te siene in Die lang, langnaweek, op kykNET se opwipop-kanaal, fliekNET.
Hierdie skreeusnaakse fliek vra: “Hoe gemaak wanneer vier uiteenlopende ouers by hulle kinders se voordeur opdaag, opsoek na ’n plekkie om te bly?”
Jacques, wat onlangs ’n splinternuwe kykNET-reeks verfilm het, vertel hy dink Suid-Afrikaners sal Die lang, langnaweek baie geniet. “Dit is ’n maklike ‘dramadie’ en gesinsstorie wat gaan oor verhoudings en misverstande. Op die ou einde van die dag maak dit nie saak wat jy as gesin deurgaan nie, daar is altyd ’n oplossing.”