As jy die mense van Getroud met rugby se doen en late mis, is hierdie fliek, met Monique Nortjé, Melt Sieberhagen, Melissa Massyn en ander, die perfekte doepa.
Kaz, wat die regie vir die film behartig het, vertel dit gaan baie goed met hom op die oomblik. “Dit gaan beter met my as in die somer van 1984. Ek het toe baie gehuil . . .” skerts die donkerkop-akteur.
Hy werk tans aan ’n draaiboek vir ’n film en ’n voorlegging vir ’n reeks. “Ek speel ook hier en daar in oorgeklankte reekse en ’n radiodrama of twee. Tussendeur bestuur ek ons maatskappy, PALI Incubation. Hoe besiger ek bly, hoe nicer is ek!”