kykNET se hartroerende Moedersdagfliek Ouma Olive die ongelooflike, wat tans op DSTV Catch up te sien is, se draaiboek is deur die akteur Ludwig Binge neergepen.
Die storie gaan oor Olive, vertolk deur Antoinette Kellermann – ’n weduwee van amper tagtig wat haar bes doen om nie met die res van die mense in haar deftige aftree-oord te meng nie.
Chris van Niekerk, June van Merch, Abduragman Adams, Pierre van Pletzen, Tinarie van Wyk Loots, Veronique Jephtas, Susanne Beyers en Roeline Daneel is ook in die rolverdeling te sien, met Bravo!-aanbieder Ewan Strydom wat ’n kameerol as homself het.