In kykNET se nuwe dokumentêr-reeks, Net mens, kry die kyker die geleentheid om dieper te delf in die lewens van agt Suid-Afrikaanse bekendes, naamlik Kurt Darren, Kim Cloete, Dirk van der Westhuizen, Elandré, Cindy Swanepoel, Refentse, Hykie Berg en Early B.
Akteur Reynardt Hugo hou sy lyf vervaardiger en regisseur in hierdie program en delf diep tot in die versteekte kelders van sy gaste se harte.