“Ek is bevoorreg om te kan sê ek het ’n lekker lang vakansie gehad ná ’n wilde jaar,” vertel sy. Sy hou haar lyf tans aanbieder in die VIA-program, Eendag. In hierdie program kry paartjies die geleentheid om ’n troue binne ’n dag te reël.
“’n Mens het maar ’n bietjie minder energie op stel, maar ek het regtig gelukkig ’n maklike, gesonde swangerskap. Ek is so dankbaar daaroor!”
Haar hart gaan uit aan enige ander mammas met moeiliker swangerskappe. “Die moegheid vang my wel. Ek is deesdae konstant moeg. Maar, dis ’n voorreg om deur hierdie ongemaklike veranderinge te kan gaan.”