Vir drie jaar lank weet almal van hierdie berugte ganster, maar niemand weet presies wat hy eintlik doen, of wie hy werklik is nie, net dat hy getroud is met Dorothy en Bompie en Angel sy kinders is.
Die rol van Desmond word vertolk deur die vermaaklikheidster Alistair Izobell, wat al jare lank ’n bekende gesig is. Dit is die eerste keer wat Suid-Afrikaners hom in hierdie tipe rol sien.
“Dit gaan baie goed met my met al die nuwe dinge, drome en projekte wat in my lewe gebeur,” vertel die donkerkop man. “Die Arendsvlei-projek het net op die regte tyd in my lewe gekom.”