book-icon Uitgawe Mei/Junie 2021

Alles Malan se Ivan: ‘Ek ken my sterk & swak punte’

akkreditasie
As ’n kranige branderplankryer
wat ook passievol is oor buitelugaktiwiteite
soos bergfietsry en staproetes, is Ivan se styl baie gemaklik, lig en meestal kaalvoet. STILERING Fanie Cronjé & Magdel Muller | FOTO Glen Montgomery van Supernova
As ’n kranige branderplankryer wat ook passievol is oor buitelugaktiwiteite soos bergfietsry en staproetes, is Ivan se styl baie gemaklik, lig en meestal kaalvoet. STILERING Fanie Cronjé & Magdel Muller | FOTO Glen Montgomery van Supernova

Hy was twee jaar in die Laan, maar Steyn sal hy vir baie mense bly, lag Ivan. “Ek het nie eens meer hare nie, en steeds, veral op kleiner dorpe, sal ek rondloop en hoor hoe mense sê, ‘Daar’s Steyn! Daar’s Steyn!’. Ek het in 2001 begin, toe 7de Laan ’n absolute fenomeen was. Dit het my ’n ongelooflike platform gegee, veral omdat ek geen formele opleiding as akteur het nie.”

Hy het daarna ook baie bekend geword vir sy rol as Koert in Egoli. In 2019 was hy te sien in die reeks Alles Malan, maar deesdae werk hy baie minder as akteur en het byna meer bekend geword as fietsryer. Hy het al vir liefdadigheidsprojekte van die Kaap na Kaïro gery, en van Beijing na Istanboel.

“Nou sien ek myself net as akteur wanneer ek op stel is. Ek is ook ’n vennoot in ’n maatskappy wat aanvullings verkoop, Happy Joints. Verder is ek maar ’n free spirit. My groot droom is om ’n jaar lank met my karavaan rond te reis.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees