Deesdae kyk sy met groot waardering terug, want sy het haarself die geleentheid gegun om op alle terreine te leer. Dit was immers nie net ’n geval van ’n knoppie druk en die hyser na bo neem nie.
Ek is ’n baie, baie passievolle filmmaker, ’n creative. Ek was nog al die jare mal oor mode en is tans ook ’n stilis by Media24 se POP-ateljee. Dis iets wat ek eers onlangs begin doen het, want ek het vanjaar besluit ek wil my mode-kant uitleef – en daarom is ek ook nou stilis vir van VIA se aanbieders.
Ek het drama aan die Universiteit Stellenbosch geswot en daarna ’n honneurs gedoen by AFDA in Kaapstad. Man, ek het letterlik al alles gedoen! Ek was als van ’n kelner tot ’n fiksheidsafrigter en ’n kosstilis, en het selfs al dramaklasse aangebied.