Dit is presies wat gebeur as jy na Velvet Blohm, wat bestaan uit die talentvolle Ryno Velvet en Jan Blohm, luister. Jan bekoor al vir jare Suid-Afrikaners met treffers soos Groen Trui en Ryno met liedjies soos Ai, my lam.
Dié twee ou vriende het mekaar reeds in 2005 ontmoet. “Ons het in dieselfde teaters opgetree, vinnig vriende geword en nie lank daarna nie het ons saam begin toere aanpak deur Suid-Afrika,” vertel Ryno.