Ané Smith: ‘Fokus op wat jy kan verander’

akkreditasie
Ané Smith is 'n dieetkundige in Kuruman.
Ané Smith is 'n dieetkundige in Kuruman.
Toe die Covid-inperking verlede jaar aangekondig is, was Ané Smith onkant gevang. Sy was immers in die derde maand van haar internskap en die finale jaar van haar studies. Tog het sy positief gebly. Vandag is sy deel van die SARIE Voorbladgesig Top-10.

SARIE Voorbladgesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

Wat is jou boodskap aan ander vroue?

In ’n wêreld waar daar so baie sleg is ... dood, geweld, misdaad, ensorvoorts, is dit so maklik om self negatief te raak en om nie ’n goeie uitkyk oor die lewe te hê nie. Dis hoekom dit so belangrik is om te fokus op wat jy kán verander en hoe jy op ’n situasie reageer. Fokus op jouself. Jou gesondheid, jou positiwiteit, jou gemoed. As jy goed gaan voel, gaan jy goed lyk en goed doen. Ons moet minder stres oor hoe ons lyk aan die buitekant, en meer hoe ons aan die binnekant lyk, want eendag, gaan die buitekant verdwyn, maar jou binnekant is wat bly. Jy het niemand nodig om jouself goed te laat voel nie, dit kom alles van binne. Dis hoekom dit so belangrik is om jouself eerste te sit, jouself te omring met positiewe en goeie mense. Soos my ma altyd sê, as jy in ’n vliegtuig is en dit val, sê die lugwaardin: die ma moet haar eie suurstofmasker eers aansit voor sy haar kinders help. Met ander woorde, kyk eers na jouself voordat jy ander mense wil help. Dit help nie jy probeer almal om jou red as jy nie jou eie held kan wees nie.

Wat beteken jou beroep vir jou?

’n Dieetkundige is sóveel meer as wat meeste mense dink – dis nie net dieetplanne en mense help om gewig verloor nie. Dieetkunde is ’n mediese manier om pasiënte te behandel met behulp van “nutrition therapy” en kos. Hierdie jaar doen ek my gemeenskapsjaar in Kuruman, Noord-Kaap, en om 1000+ kilometer weg van die huis af te wees en die eerste twee weke van werk Covid-19 (vir die tweede keer te kry) was nogals ’n groot uitdaging. Ek het so baie van myself en my beroep in hierdie kort sewe maande geleer. Ek het besef hoe ’n groot verskil jy in mense se lewens kan maak deur hulle net mooi te hanteer en my passie uit te leef. Ek het hierdie sleg ervaar waardeur so baie mense gaan wat in “rural” dele van Suid-Afrika bly. Hoe hulle leef, hoe hulle eet, hoe hulle dag tot dag dinge doen. Hoe sleg kinders, ou mense, siek mense, weerlose mense hanteer word, mishandel word, en hoe ondervoed hulle is.Hierdie alles het my laat besef, nie net hoe geeërd ek is nie, maar ook dat ek eintlik ’n verskil in hierdie mense se lewens kán maak: ek kan hul versorg, vir hul opstaan en vir hul baklei waar hul nie ’n stem het nie.

Natuurlik in my beroep sien ’n mens nie net die “sleg” nie, maar ek sien ook hoe ’n klein kindjie hospitaal toe kom, nie kan loop nie, so siek en swak is, ’n 180-grade-draai kan maak met behulp van voeding, en teen die tyd wat hulle ontslaan word lag, speel en dans hulle weer. Dis hoekom ek doen wat ek doen en hoekom ek so ’n passie het vir my beroep. Almal as mediese span werk saam om ’n pasiënt te versorg en om hul te help waar ons kan. En dit is ongelooflik – nie net van my beroep nie, maar ook die mense in ander gesondheidsberoepe en vanuit die gemeenskap.

Hoe het die COVID-pandemie jou lewe beïnvloed? En wat het jy gedoen om kop te hou in dié tyd?

In Maart 2020, in die derde maand van my internskap en finale jaar van studies, het die pandemie my heeltemal onkant gevang. Net soos ek lekker begin werk het en gewoond geraak het om dieetkundige te speel, moes ek vir “lockdown” huis toe gaan. Ek het “lockdown” geniet! Ek kon so baie tyd saam met my familie spandeer wat ek nie normaalweg sou kon nie. Ons het gebak, skoongemaak, speletjies gespeel en van voor af “connect”. In daardie tyd het ek besef net hoe belangrik vriende en familie is. Hoe baie ons verby mekaar lewe en nie gereeld genoeg seker maak dat die mense vir wie ons liefhet oukei is nie. Ek was so dankbaar in April 2020 toe ek COVID kry, ek by die huis kon gesond raak.

Met die hoeveelheid mense wat so siek raak en om ons verdwyn, het dit vir my verskriklik bang en versigtig gemaak. Ek was gedwing om ’n stappie terug te neem en beter na myself en beter na ander mense te kyk. Omdat ek n gesondheidswerker is, was ek gelukkig genoeg om ná die Vlak 5-inperking, aan te gaan met werk en internskap. Dit is skokkend om dan terug te gaan na ’n hospitaal waar mense so siek is, en ons het die geleentheid gehad om by die huis te kan isoleer.

Om in die middel van ’n pandemie te werk is nie maklik nie, maar ek geniet dit vreeslik om mense te kan help wat nie hulself kan help nie. Om daar te wees vir mense wat nie familie of vriende vir besoektyd mag hê nie.

Ek besef oor en oor elke dag hoe ’n mens elke dag net moet waardeer en geniet en om dankbaar te wees vir wie en wat jy om jou het.

Wie is jou grootste bron van inspirasie? Hoekom?

Dit gaan nou só “cheesy” klink, maar my ma was nog ALTYD my grootste bron van inspirasie. Sy is regtig die een mens wat ek ken wat een van die moeilikste lewens gehad het. Wat vir my uitstaan is dat sy toe ek twee jaar oud was my pa, haar “soulmate” verloor het in ’n trein-motor-ongeluk. Sy het my alleen groot gemaak vir ’n lang tyd. ’n Klein ou dogtertjie wat niks geweet het van die wêreld nie, wat nie verstaan het waar pappa is of hoekom ons moet trek, of hoekom ons twee alleen is nie.

Sy het elke dag opgestaan, my elke dag versorg, die beste vir my gegee wat sy kon en meer liefde vir my gegee as wat meeste mense ontvang. Sy het my gemaak wie ek is, ’n volwasse liefdevolle vrou, wat werklik omgee vir mense, diere en omstandighede om my.

Sy moes nog altyd doen wat almal om haar verwag het om te doen, en op die ouderdom van 40, het my ma haar passie vir kuns gevolg. Sy het haar eie ateljee oopgemaak en kunsklasse begin aanbied vir kinders, vroue, geestelik en fisies gestremde mense. Sy is ’n enkelma, wat vir my en my suster sorg, en ’n vrou na wie ek opkyk. Sy het niemand nodig om te doen wat sy wil doen nie en om n sukses van haarself te maak nie.

As ek eendag die helfte van die vrou is wat my ma is, sal ek gelukkig wees.

Ontmoet die res van die SARIE Voorbladgesig Top-10.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees