Hy woon deesdae in die Kaap, werk aan verskeie projekte voor en agter die kameras en het boonop onlangs met die liefde van sy lewe getrou.
“Dit gaan baie goed! Geen dag is dieselfde nie en dit bly altyd opwindend,” vertel die donkerkop-man.
Vir hom was hierdie hele jaar ’n hoogtepunt. “Ek het getrou, Kaap toe getrek en nuwe hoogtes in my loopbaan bereik. Maar, die troue staan natuurlik uit.”