Bekendes draai die horlosie terug en wys hul matriekafskeidrokke – kan jy raai wie is wie?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Meisie se matriekafskeid is iets waaroor sy vir jare lank droom. Dit is die toppunt van die eerste fase van haar lewe en die rok is die kroon van die geleentheid.
Die Matriekafskeidrok van die Jaar-wedstryd is nou in volle swang.

SARIE se Matriekafskeidrok van die Jaar 2022-kompetisie is in volle swang en die inskrywings stroom in. Maak seker dat jy nie die geleentheid mis om deel te neem nie.

Skryf hier in!

Om dié wedstryd te vier het ons by ’n paar bekendes gaan inloer om hul matriekafskeidrokke met julle te deel.

Marciel Hopkins in haar matriekafskeidrok. Foto: Verskaf.
Sy wou baie graag ’n rok met ’n oop rug gehad het. Foto: Verskaf.
Marciel vertel sy het baie mooi gevoel in haar rok. Foto: Verskaf.

Marciel Hopkins

Marciel Hopkins, gewilde aanbieder van kykNET se pasmaatsoekreeks, Boer soek ’n vrou, vertel sy het op 18 reeds geweet sy wil ’n klassieke, tydlose rok hê vir haar matriekafskeid. “Dit was ’n rok wat ek miskien oor 20 jaar weer sal kan dra as ek dit so ’n bietjie verander.” 

Sy wou baie graag ’n rok met ’n oop rug gehad het. “Dit was vir my die fokuspunt van my rok, want dis iets waaroor ek op daardie stadium gedroom het. Vir my is ’n oop rug ’n baie sexy deel van ’n vrou.” 

Marciel vertel sy het baie mooi gevoel in haar rok. “Ek het so stylvol en elegant gevoel. Ek het nog ge-joke met my ma en gesê ek het nie eens ’n date nodig nie, want ek wou nie hê iemand moet my shine steel nie!” lag sy. 

Marciel Hopkins, gewilde aanbieder van kykNET se p
Marciel Hopkins, gewilde aanbieder van kykNET se pasmaatsoekreeks, Boer soek ’n vrou, vertel sy het op 18 reeds geweet sy wil ’n klassieke, tydlose rok hê vir haar matriekafskeid. Foto: Verskaf.

Vandag is sy steeds tevrede met haar keuse. “Dit het so mooi gesit! Vir die plek in my lewe waar ek toe was, sal ek dit beslis weer kies. Die enigste ding wat ek dalk sou verander, is om die kantmoue af te haal.” 

Vir haar 18-jarige self sou sy graag wou sê: “Be kind. Gee vir jouself genoeg grace om foute te kan maak en daaruit te leer. Daar is nie iets soos ‘perfek’ nie. Moenie vergeet om die lewe ten volle te geniet nie. Have fun and don’t sweat the small stuff!”

Jaawahier Peterson, gewilde aktrise van die kykNET
Jawaahier Peterson, gewilde aktrise van die kykNET-sepie, Suidooster, vertel sy het steeds haar matriekafskeidrok én pas nog daarin. Foto: Verskaf.
Jawaahier Peterson in haar matriekafskeidrok.
Jawaahier Peterson in haar matriekafskeidrok. Foto: Verskaf.

Jawaahier Petersen

Jawaahier Petersen, gewilde aktrise van die kykNET-sepie, Suidooster, vertel sy het steeds haar matriekafskeidrok én pas nog daarin.

“Om eerlik te wees, ek het nie regtig so baie omgegee oor my matriekafskeid nie. ’n Familielid was ’n ontwerper en hy was eintlik meer invested in die hele proses as ek,” lag sy.

“Ek het die kleur gekies – ysblou. Swart en wit was ’n groot ding in daardie tyd en ek wou nie soos almal anders lyk nie, maar verder het ek nie regtig omgegee nie.” 

Jawaahier Petersen vandag.
Jawaahier Petersen vandag. Foto: Verskaf.

Tog het sy soos ’n prinses gevoel daardie aand. “As ek weer kon kies, sou ek moontlik iets eenvoudiger en meer klassiek gekies het, dink ek. En ek sou my hare ’n bietjie losser gedra het, want ek het nog ’n bietjie babavet gehad, so die updo het nie so lekker gewerk nie.” 

Sy wil graag ander 18-jariges aanmoedig om in die hede te lewe. “Jy sien jou hele lewe uit na jou matriekafskeid en dan is dit verby in ’n oogwink. Live in the now. Chill net en geniet jou jeug. Niks jaag jou nie. Wees gelukkig en leef jou droom!” 

Cindy sou nie haar matriek-self se rok wou verande
Cindy sou nie haar matriek-self se rok wou verander nie. Foto: Verskaf.

Cindy Swanepoel 

Cindy Swanepoel van kykNET se Binnelanders vertel sy het haar rok saam met ’n ontwerper ontwerp. “Dit was ’n verskriklike bederf van my ma! Dit was baie spesiaal vir my en die eerste keer in my lewe wat ek so iets kon doen. Deesdae ontwerp kinders hulle rokke maklik self, maar in daardie dae was dit nie baie algemeen nie.” 

Dit was vir haar nog meer spesiaal omdat haar ma die volgende jaar oorlede is. “So, ek raak nogal nostalgies as ek dink aan my matriekafskeid,” glimlag sy. “Dit was baie spesiaal dat sy dit vir my gedoen het.” 

Cindy en die ontwerper het saam besluit op ’n eenvoudige styl. “Toe gaan ek ’n bietjie bold met die geel. Ek het ook ’n lekker tan gehad, so die geel het mooi gelyk. Dit is nou nog my gunstelingkleur!” 

Die hele ervaring was vir Cindy ’n groot bederf en baie spesiaal. “Ek het grimering gedra, vir die eerste keer highlights gekry én my hare uitgeblaas!” 

Die hele ervaring was vir Cindy ’n groot bederf en
Die hele ervaring was vir Cindy ’n groot bederf en baie spesiaal. Foto: Verskaf

Sy voel kinders vandag doen dit baie meer gereeld. “My naels was nog nooit eers gedoen voor my matriekafskeid nie!”

Cindy sou nie haar matriek-self se rok wou verander nie. “Jong Cindy het daai rok gekies vir ’n rede en daar is niks wat ek daaraan sal wil verander nie. As ek die rok moes moderniseer, sou ek dalk die fur weggevat het en ’n ander tipe materiaal gekies het, miskien ’n effens ander skakering van geel.” 

Vir 18-jarige Cindy sou sy graag wou sê: “Vertrou jou gut. Alles gaan okei wees. Jy is sterker as wat jy dink. Puisies gaan weg. Jy doen niks verkeerd nie, jy leer. Jy is nie laat nie – jy is presies waar jy moet wees. 

Rezé-Tiana Wessels, wat die rol van Nina de Wet in kykNET se splinternuwe dramareeks, Diepe Waters vertolk, vertel haar matriekafskeidrok is geinspireer deur Disney films. Foto: Verskaf.
Die rok het vir Rezé-Tiana laat voel soos ’n prinses uit ’n feeverhaal. Foto: Verskaf.
Sewe jaar later is sy steeds nie spyt oor haar keu
Sewe jaar later is sy steeds nie spyt oor haar keuse nie. Foto: Verskaf.

Rezé-Tiana Wessels, wat die rol van Nina de Wet in kykNET se splinternuwe dramareeks, Diepe Waters vertolk, vertel haar matriekafskeidrok is geïnspireer deur Disney-films.

“Ek onthou die live action Cinderella fliek het uitgekom in my matriekjaar en ek is mal oor Disney-flieks. Sy het die mooiste blou bal-rok gedra. Dit het my geïnspireer om ook ’n blou rok te laat maak,” vertel sy. 

Aktrise Rezé-Tiana Wessels is steeds tevrede met h
Aktrise Rezé-Tiana Wessels is steeds tevrede met haar matriekafskeidrok. Foto: Verskaf.

Die rok het vir Rezé-Tiana laat voel soos ’n prinses uit ’n feeverhaal. “Dit is min dat ’n mens mooi aandrokke kan dra, so ek het baie spesiaal gevoel.” 

Sewe jaar later is sy steeds nie spyt oor haar keuse nie. “Ek sou niks aan die rok verander nie. Dis tydloos in my oë.” 

Vir haar 18-jarige self sou sy graag wou sê: “Moenie so stres oor die lewe nie. Alles gaan uitwerk soos dit moet! Die Here het klaar jou paadjie vir jou uitgelê.”   

Só skryf jy in vir SARIE se Matriekafskeidrok van die Jaar 2022-kompetisie

Hier is wat jy moet doen:

  • Gaan na matriekrok.sarie.com en klik op ‘Teken in!’ (Let wel: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.)
  • Vul die inskrywingsvorm in.
  • Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG of PNG, elk in portretstyl.
  • Maak seker jy het die reëls gelees.
  • Deel jou inskrywing met jou vriende en familie op sosiale media en gebruik #SARIEmatriekafskeidrok van die Jaar. Moedig almal aan om vir jou te stem, 3 van die Top-10-finaliste word deur die publiek se stemme gekies.

Die wen-rok gaan in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe verskyn.

Waarvoor wag jy?

Skyf nou in!

Sluitingsdatum: 2 November 2022

  
JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees