kykNET het egter dié nuus selfs nog ’n bietjie meer opgetooi deur bekend te maak dat die akteur en sanger Bobby van Jaarsveld die hoofrol gaan speel in die vierde seisoen.
“Ek kon dit nie glo nie, maar ek het dit met albei hande aangegryp,” vertel Bobby aan SARIE.com toe hy ná ’n tweede oudisie die rol losgeslaan het.
“Dit is ’n droomrol vir my en iets wat ek baie graag wou gehad het,” voeg hy by.