Vanjaar is Eva du Preez die seisoen se regisseur vir die eerste keer. Sy vertel sy het 10 jaar gelede, vars uit dramaskool aan Universiteit Stellenbosch, die eerstekeer die geleentheid gekry om aan Boer soek ’n vrou se vyfde seisoen te werk as ’n regisseur-assistent. “Ek moes notas vir die regisseur maak en onderhoude voer met die vroue tydens plaasweke,” onthou sy.
Sedertdien werk Eva as redigeerder in die TV- en filmbedryf, met groot produksies soos Fraksie, Troukoors en Nêrens, Noord-Kaap op haar kerfstok.
“Só het ek professioneel bevriend geraak met die vervaardigers van Boer soek ’n vrou op ander projekte, soos Johnny is nie dood nie, Kanarie, Die seemeeu en Ander mens, en het hulle my genader om die regie van seisoen 15 te behartig.”