‘Cheeky’ Kiki gesels oor die ‘Housewives’-drama: ‘Dis baie persoonlik’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In hierdie week se episode van kykNET se werklikheidsreeks, ‘Die real housewives van Pretoria’, kom die naels weer behoorlik uit soos die dames mekaar aanvat.
Die ses ‘Real housewives van Pretoria’. Foto: Vers
Die ses ‘Real housewives van Pretoria’. Foto: Verskaf.

Kykers is omtrent weer aan die gons op sosiale media oor die bitsigheid van die vrouens. SARIE.com het met Kiki Wentzel oftewel Kiki La Coco, soos sy op sosiale media bekend is, gesels oor die program en haar lewe. 

“Die regte Kiki se naam is Karlien,” vertel Kiki. “Ek wens, wens mense het geweet ek het nog altyd gedroom van rolspeel, so Kiki is ’n wilder persona van die ware Karlien,” verduidelik sy. 

Kiki Wentzel is een van die ‘Real housewives van P
Kiki Wentzel is een van die ‘Real housewives van Pretoria’. Foto: Verskaf.

Sy het grootgeword op ’n plaas. “Ek was alles tot min gewoond en was ’n lawwe meisiekind wat altyd gedroom het van die stadslewe,” vertel sy. “Ek wou ’n suksesvolle vrou, ’n goeie ma en ’n vrou waarop my man kon trots wees, word. Well, look at me now . . . Ek lewe my droom en is vrek dankbaar!” 

Volgens Kiki is sy ’n “natural born entertainer. Die fancy Kiki is nie regtig hoe ek is nie, maar ek is steeds bly ek het in die reeks gespeel, want dit gee my ’n groter platform vir toekomstige planne en gebeure.” 

 Oor die trolle en boelies daar buite, steur Kiki
Oor die trolle en boelies daar buite, steur Kiki haarself min. Foto: Verskaf.

Tog voel sy die regte Kiki word uitgebeeld op die program. “’n Bietjie meer glitz en glam Kiki, maar steeds wie ek is,” lag sy. “Mense ken my só. Hulle love my of geniet my. Hulle hou van my soos ek is.” 

Haar lewe het nog nie veel verander ná die reeks nie. “Ek dink dis omdat ek klaar bekend was op sosiale media. My lewe word nie verander deur media of publiek nie. My doel is juis om ander se lewens te verryk of verander.” 

Oor die trolle en boelies daar buite, steur Kiki haarself min. “Ek is gewoond daaraan. Ek het baie meer goeie kommentaar as slegtes. Elke mens is seker maar geregtig op hulle kommentaar. Soms put ek selfs content daaruit, wat weer entertainment bring!” 

Sy en haar man, Malcolm, het gedurende die inperking video’s op sosiale media begin maak. “Ons het baie mense se aandag getrek deur ons sê-goed en interessante karakters. Die video’s van ons huis-executive, Thembi Usibi, het ook groot opslae gemaak. 

Die drie geniet sosiale media baie, want dit is vir hulle direkte interaksie met ander. “Ek is ’n sosiale mens wat lief is vir ander mense en ek geniet dit om ander te inspireer of te irriteer,” lag sy. 

“Ek ruk ’n boelie in die bek en sit hom dadelik op sy plek. As ’n boelie aanhou, block and bless ek hulle, want dan is hulle net hartseer.” 

Kiki verduidelik die drama op ‘Real Housewives’ as
Kiki verduidelik die drama op ‘Real Housewives’ as klein gevoelens tussen die vrouens wat opgeblaas word. Foto: Verskaf.
 Vir haar is al die dames wat deel is van die reek
Vir haar is al die dames wat deel is van die reeks regtig goeie mense met die mooiste harte. Foto: Verskaf.

Kiki verduidelik die drama op ‘Real Housewives’ as klein gevoelens tussen die vrouens wat opgeblaas word. “Die produksiespan het aksie verwag, so ons moes uithang met katterigheid, maar ons word nie voorgesê wat om te sê nie.” 

Dit is egter vir haar baie meer dramaties as wat sy verwag het. Sy het gedink dit gaan ’n bietjie meer lighartig en pret wees. “Dis baie persoonlik. Ek het nie gedink daar gaan so baie persoonlike issues uitkom nie. Dit is obviously ou koeie wat opgegrawe word.” 

Elke week is dit vir Kiki vreemd om te hoor wat die vrouens oor mekaar te sê het, aangesien verfilming lankal plaasgevind het. “Dit voel vreemd om te hoor hoe hulle gevoel het op daai spesifieke oomblik.” 

Haar lewe het nog nie veel verander ná die reeks n
Haar lewe het nog nie veel verander ná die reeks nie. Foto: Verskaf.
Kiki het op ’n plaas grootgeword.
Kiki het op ’n plaas grootgeword. Foto: Verskaf.

Vir haar is al die dames wat deel is van die reeks regtig goeie mense met die mooiste harte. “So, dit was moeilik om aanvanklik issues te maak met hulle in die begin van die reeks,” erken sy. 

Tog het Kiki van die konfrontasies in hierdie week se episode gehou. “Dit wys ’n mens hoe elke persoon reageer en ook hulle manier van dink. Konflik is vir my wonderlik, want dit het my geleer dat mense nie noodwendig saam hoef te stem nie, maar dat jy mekaar steeds kan respekteer vir die verskille.” 

Vir Kiki is die belangrikste dinge in die lewe wat sy noem haar 3G’s. “Dit staan vir geestelikheid, gesondheid en gesin. Daai is my fondamente vir ’n gelukkige lewe. En nie finansies soos party haters dink nie!”

Sy is tans besig met haar liefdadigheidsorganisasie, FKN, waar hulle ’n bakkie gaan weggee. Sy behartig ook fondsinsamelings vir Wollies animal shelter en ’n kanker-organisasie in Pretoria.  

  • Moenie die drama elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) misloop nie!

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees