Om spiritueel te groei en ’n sterker geloof te hê. Om goeie gesondheid te hê en om dapperder te wees in alles wat ek wil doen. Ek wil ook meer gedissiplineerd wees.
Dis ’n geval van beide. Ek dink dis beautiful hoe kunstenaars hul eie Afrikaanse dialekte inkorporeer en uitleef in hul werk. Dis een van die mooi dinge van Afrikaans . . . orals in ons land praat ons dit en dis nie net die aksente wat verskil nie, dis ook die dialekte en hóé almal die taal hul eie maak.
Ek is opgewonde oor die manier hoe mense die taal in hul mond sit en dit embrace. Ons is ook beter opgevoed oor die ware storie van Afrikaans en hoe dit Afrikaans geword het. Ek dink as gevolg daarvan sal dit voortleef.