“Ons woon in Camarillo, Kalifornië. Dit is ’n uur noord van Los Angeles en het so ’n Paarl of Wellington vibe,” vertel Marguerite aan SARIE.com toe ons by haar gaan inloer om te hoor hoe dit deesdae gaan.
Die paartjie het ’n seuntjie, Magnus (2) en ’n dogtertjie, Tekla, (haar ouma se naam) van drie maande oud.
“Ek en my man het mekaar in ons laat 30’s ontmoet, so om te spring van enkellopend wees na getroud was ’n redelike sprong,” erken Marguerite.