Die paartjie het mekaar op die stel van die sepie ontmoet. Einde verlede jaar het Cindy aangekondig hulle is verloof!
“Ons is vreeslik verlief,” vertel Cindy eksklusief aan SARIE.com. “Ons is nou agt maande saam, maar as jy weet, wéét jy!”
Craig het die groot vraag op Cindy se 41ste verjaarsdag gevra. “Ek was nog in die bed en hy het vir my lekker koffie gebring. Dit was net ’n chilled oggend.”