“Ek kan nie glo dit is verby nie. Ek voel hartseer dat dit klaar is, want ek het gehoop dit kan nog vir ’n jaar aanhou,” vertel die akteur en sanger Bobby van Jaarsveld aan SARIE.com.
Die finale episode van dié reeks, waarin Bobby die hoofrol speel, het Dinsdag 6 September tot ’n einde gekom.
“Mense se terugvoer op die reeks was ongelooflik goed,” vertel Bobby trots.