Die paartjie het by die Dornier-wynlandgoed, net buite Stellenbosch, tydens ’n middagseremonie die knoop deurgehaak.
Die sowat 160 gaste het voor die Dornier Bodega, ’n outydse herehuis, bymekaargekom vir die trouseremonie voordat hulle later die aand by die onthaal met ’n groot makietie die bruilof gevier het.
“Dit was regtig spesiaal om die dag met almal te spandeer waarvoor ons regtig lief is,” verduidelik Ingrid.