“My swangerskap was vir my so ’n lekker ervaring!” gons die nuwe ma. “Ek kan eerlikwaar sê ek is geseën met ’n swangerskap sonder enige probleme.”
Die nege maande het eintlik vir haar vinnig verby gevlieg tot en met die laaste paar dae.
“Ek kon nie meer wag om ons dogtertjie, Mikayla O’Reilly, te ontmoet nie. Elke dag van die laaste week het vir my soos ’n ewigheid gevoel en Pappa het lekker in angs saam met my gewag.”