Melinda vertel haar swangerskap tot dusver was ’n ongelooflike geseënde en gesonde tyd. “Ek voel ongelooflik gesond en ek vat dit glad nie vanselfsprekend nie, want ek weet dis nie die algemene ding vir ’n vrou om nie sooibrand of naarheid of enige pyne of skete te ervaar nie. Ek is baie dankbaar daarvoor.”
Sy en Adriaan bid doelbewus vir ’n gesonde swangerskap. “Spesifiek ook dat ek nie naar moet wees nie. ’n Paar mense na aan my was baie siek met hulle swangerskappe – tot op die punt wat hulle vir ses maande op bed-rus was.”
Die paartjie het vir lank die hele swangerskap-proses alleen gevier en daaroor gebid en eers op ’n latere stadium (rondom 16 weke) vir hul families en geliefdes daarvan vertel het. “Die geheimsinnigheid was later so erg, ek kon dit nie meer wegsteek nie!” lag Melinda.