Hoewel ’n mens hom al ’n paar keer op die kassie gesien het, weet Suid-Afrikaners eintlik min oor die stil, donker man wat onbewustelik al die kontroversie veroorsaak het.
SARIE.com het gaan uitvind wie Wikus Erasmus werklik is.
Wikus beskryf homself as ’n man van God. “Ek is getroud met die heel mooiste en beste vrou in die wêreld en is die trotste pappa van twee pragtige seuns, Júan en Wikus. Ek is passievol oor die lewe en om elke dag ’n verskil te kan wees en maak.”