Maar veral vir voorsanger Danie du Toit, wat ook as Reënwolf bekendstaan, het die uitskieter-oomblikke in sy musiekloopbaan hierdie jaar ook met ’n klomp persoonlike hoogtepunte gepaardgegaan.
Hoewel Danie al vir ’n “tydjie weet”, het hulle onlangs eers die goeie nuus op sosiale media gedeel: Daar is ’n “Babawolf” op pad!
“Ons het gehoop daarvoor,” vertel Danie opgewonde aan SARIE.com. “Ons is baie dankbaar. Dis die grootste nuus van ons lewens,” vertel hy.