“Ons gesels gereeld oor ons toekoms, en hy het vir my verlede jaar gevra of ek deel wil wees van die ring-proses,” vertel Zoë aan SARIE.com.
Zoë het vir haar kêrel gevra of hy weet waarvan sy hou, en nadat Robbie, ’n siviele ingenieur, vir haar mooi verduidelik het waaraan hy dink, het sy geweet sy hoef nie betrokke te wees nie. “Hy het geweet waarvan ek hou. Ek het geweet ek sal lekker verras wil wees.”
Dit is juis dié besluit wat gemaak het dat Robbie vir Zoë Sondag by die waterval in Tulbagh as die verrassing die ja-woord kon vra.