“Ek is eerstens die trotse, diep-dankbare moeder van ’n gesonde, goed ontwikkelde sesjarige seuntjie. Dis my groot fokus,” vertel sy met ’n glimlag.
Sy is baie opgewonde oor haar nuwe radio-program op RSG, Intussen met Eloise, wat weeksdae van 09:00 tot 12:00 uitsaai. “Dis in my moedertaal en dis ’n ongelooflike geleentheid!”
Eloise doen ook baie stemwerk in Afrikaans en Engels vir televisie, radio en ander kliënte. Haar laaste dag by Ontbytsake, op 6 Mei vanjaar, was baie emosioneel. “Ek het nege jaar van my lewe daar deurgebring en dit was ’n wonderlike tyd.”