“Ek geniet dit die meeste om iemand anders te wees,” vertel sy. “Ek weet dit klink snaaks, maar om jouself werklik in ’n ander persoon se skoene te sit en te ‘sien’ hoe daai persoon sien en werklik te verstaan hoe dit is om nie jy te wees nie, interesseer my geweldig.”
Vir haar het dit te doen met empatie. “Maar ook ’n misterieuse element van om algehele gedeeltes van die wêreld te verken wat jy net nie eenvoudig sou as een mens nie.”
Erica was al ’n dokter, speurder, moordenaar, viswinkel-eienaar, tandhigiënies, geestesversteurde, kwadrupleeg en vele meer. “Dit is ongelooflik pret en ek leer so baie oor ’n belaglike spektrum van dinge. Veral film is ook ’n platform van inspirerende samewerking en dit is ontsettend stimulerend.”