FOTO’S: Zetske en Altus toer in Europa

akkreditasie
Altus en Zetske in Boedapest FOTO Verskaf
Altus en Zetske in Boedapest FOTO Verskaf
Zetske van Pletzen en Altus Theart vier hul 8ste huweliksherdenking met ’n Europese toer. Die sterre van Getroud met rugby gaan Boedapest, Istanboel en Slowenië besoek. Volg hul reis hier op SARIE.com.

ZETSKE SE REISDAGBOEK: BOEDAPEST

Die stad Boedapest in Hongarye word in twee verdeel deur die Donaurivier. Aan die een kant van die rivier lê Boeda en aan die ander kant Pest (uitgespreek “pesjt”). Die paleis en sitadel is aan die Boeda-kant en die parlement en stadskern aan die Pest-kant.

Die Donaurivier
Die Donaurivier
Die Donaurivier
Die Donaurivier
Die Donaurivier is omtrent 400 m breed, met verske
Die Donaurivier is omtrent 400 m breed, met verskeie brûe wat die twee oewers verbind

Die Donaurivier is omtrent 400 m breed, met verskeie brûe wat die twee oewers verbind. Die Donau is die tweede langste rivier in Europa en loop deur 10 Europese lande.

Die Boedapest-toer begin!
Die Boedapest-toer begin!
Boedapest is ’n bekostigbare stad om te besoek
Boedapest is ’n bekostigbare stad om te besoek
Zetske en Altus verken die stad
Zetske en Altus verken die stad
Boedapest
Boedapest herinner vir Zetske aan New Orleans in Amerika.
Altus Theart
In die 'ruin pub'
Verkenningstog
Verkenningstog

Een van die goed wat ons die meeste opgeval het van Boedapest, is die ongelooflik mooi geboue! Veral die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier het ons bekoor. Ons kon net nie genoeg foto’s daarvan neem nie. En steeds doen die foto’s dit glad nie justice nie. Dis in 1902 gebou en die derde grootste parlementsgebou ter wêreld. Daar is 691 kamers!

Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivi
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivi
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivi
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivi
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivi
Die parlementsgebou op die oewer van die Donaurivier


Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk
Die Sint Matthiaskerk

Die Sint Matthiaskerk, gebou in 1015, was nog een van ons gunstelinge. Dan is daar die sprokiesagtige Waidahoenjad-kasteel, agter die ewe mooi Hongaarse landboumuseum. Die sitadel was ook ’n hoogtepunt. Die Vryheidstandbeeld (gebou in 1947) is daar geleë. Die pragtige bronsbeeld is van ’n figuur wat ’n palmblaar vashou.

Waidahoenjad-kasteel
Waidahoenjad-kasteel
Waidahoenjad-kasteel
Waidahoenjad-kasteel
Hongaarse landboumuseum
'n Klein kerk oorkant die Hongaarse landboumuseum
Hongaarse landboumuseum
Hongaarse landboumuseum
Vryheidstandbeeld
Heroes' Square
Die Vryheidstandbeeld
Die Vryheidstandbeeld
Die Vryheidstandbeeld
'n Standbeeld langs die Vryheidstandbeeld

Die Sint Stefaansbasiliek in die stadskern is ewe besonders. Ons het tot heel bo geklim met die trappe. (Dit het ons darem so ’n bietjie minder skuldig laat voel oor al die kos wat ons geëet het!)

FOTO'S verskaf
FOTO'S verskaf
FOTO'S verskaf
FOTO'S verskaf

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is 600 000 Hongaarse Jode vermoor. Daar is verskeie gedenktekens en monumente reg oor Boedapest om die gestorwenes te gedenk. 

Skoene op die Donau-oewe
Skoene op die Donau-oewe

Een van hierdie gedenktekens is die treffende Skoene op die Donau-oewer. Die ysterbeelde van 60 paar skoene verteenwoordig die skoene wat agterbly het langs die rivier nadat altesame 3 500 mense tydens die oorlog geforseer is om hul skoene uit te trek voordat hulle geskiet is. Hul lyke het vooroor geval en is deur die rivier weggedra.  

Skoene op die Donau-oewe
Skoene op die Donau-oewe

Boedapest het my baie herinner aan New Orleans in Amerika. Die naglewe is iets besonders, hoewel ons te moeg was in die aande om dit regtig te kon waardeer.  Dit is ’n bekostigbare stad om te besoek en ons sal dit vir enigiemand aanbeveel. 

Daar is baie om te sien en te proe in Boedapest

Zetske en Altus reis met Sky Arch Travel. Besoek hul webtuiste hier. 

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees