Gemma: 'Ons het net mekaar'

akkreditasie
Gemma van Eyssen is 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Nelspruit in Mbombela, Mpumalanga
Gemma van Eyssen is 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Nelspruit in Mbombela, Mpumalanga
Gemma is ’n graad 10-leerder van die Hoërskool Nelspruit in Mbombela, Mpumalanga. Die afgelope jaar het haar geleer om die mense om haar te waardeer.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Die lewe is só kosbaar. Dit het my vinnig laat wakker skrik en laat besef dat die wêreld jou niks skuld nie, dat alles in ’n oogwink kan verander en dat môre nie belowe is nie. Dit het my oë oopgemaak om alles te waardeer en die mense vir wie ek lief is te koester, want ons het net mekaar en niks op aarde anders as dit maak eintlik saak nie.

As ek net drie apps op my foon mag hê, dan kies ek ... 

Instagram, WhatsApp en VSCO.

Gemma se inskrywingsfoto's
Gemma se inskrywingsfoto's
Gemma se inskrywingsfoto's

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Leandie du Randt. Sy is een van my grootste rolmodelle, want sy inspireer my om my drome na te jaag en om elke moontlike geleentheid aan te gryp. Ek dink sy is iemand wat baie passievol is oor wat sy doen en daarom het ek nog altyd na haar opgekyk.

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

The Simple Life.

Wat is jou lewensdroom?

Om eendag om die wêreld te toer en al die wonderlike plekke te gaan beleef. Daar is so baie om te ervaar! Ek wou al vandat ek klein was in die vermaaklikheidsindustrie werk – ek is mal daaroor om met mense te kommunikeer en om nuwe mense te ontmoet; ek sal graag my droom wil laat realiseer eendag!

Gemma in ’n neutedop

1. Winter of somer? Somer

2. Koffie of tee? Tee

3. Bordspeletjies of fliek? Fliek

4. Hond of kat? Hond

5. Boek of tydskrif? Tydskrif

6. Soet of sout? Sout

7. Jeans of rok? Rok

8. TikTok of Instagram? Instagram 

9. Twitter of Snapchat? Twitter

10. Wildtuin of see? See

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.


JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees