“Ek is ongelooflik besig sedert ek nou ook ’n regisseur is by Multichoice vir die Turkse telenovelle Ysterhand se greep,” vertel die donkerkop-vrou opgewonde.
Sy is steeds ook die stem agter Meryam van kykNET se Kind van die noodlot. “Ek het ook ’n seun in graad vier en ’n dogter in graad agt – amptelik die moeilikste jare in ’n kind se skoolloopbaan.”
Verder sing Stephanie nog die wêreld vol, lei sang by haar kerk en is betrokke by kykNET se dramareeks, Diepe Waters. “Dan probeer ek by die gim en my vriende uitkom en hou 10 balle gelyk in die lug!” lag sy. “Is dit genoeg? Kry julle die idee? Dit gaan altyd goed met ’n vryskutwerker as hulle kla oor te veel werk!”