En gisteraand is hierdie blonde entrepreneur en besigheidsvrou as Suid-Afrika se eerste ‘trouvrou’ gekroon.
In ’n spannende finaal tussen die top-drie-deelnemers moes Nastassja haar vrou staan en wys wat in haar steek om die onthaaltafel.
Sy het as gasvrou, en uiteindelik as die wenner van die allemintige R500 000-prysgeld geseëvier. En in ’n verrassende wending het sy besluit om haar prysgeld met haar mede-deelnemers te deel – R10 000 vir elke dame!