Kailen: 'Jy moet in die oomblik lewe'

akkreditasie
Kailen Hilpert is ’n graad 11-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch. Die Covid-tyd het haar geleer om minder te tob oor die toekoms en eerder net 100% haarself te wees.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Ek moet minder omgee oor wat die wêreld en sosiale media van my dink. Ek het begin om meer myself te wees, want eerlikwaar, daar is niks beter as ’n gelukkige mens wat hulself is nie. Dit het my geleer dat ek so baie het waarvoor ek kan dankbaar wees. Jy weet regtig nooit wanneer dit iemand se laaste dag saam met jou is nie. Jy moet in die oomblik lewe. As jy te veel dink oor die toekoms of wat mense van jou dink, mis jy die memories wat besig is om te gebeur.

As ek net drie apps op my selfoon mag hê, dan kies ek ...

Ek sal 100% WhatsApp, my kamera-app en die weer-app kies. WhatsApp is daar om nog met almal te kan kommunikeer, die kamera-app om herinneringe vas te vang. Ek is ongelooflik lief daarvoor om foto’s te neem van wat in die oomblik gebeur, so ek kan nie NIE my kamera-app hê nie! Die laaste een is dalk nie iets wat alle tieners sal kies nie, maar ek moet weet hoe die weer lyk, anders kan ek nie gepas aantrek nie. Ek kyk elke oggend en aand die weer net om seker te maak dat ek die regte klere dra vir die dag.

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Mieke Visser, omdat sy unapologetically haarself is. Sy is ’n model vir Boss en Next Models, maar nie net enige model nie, sy is altyd haarself. Maak nie saak vir wie sy pas modelwerk gedoen het of hoe mooi haar lewe op Instagram lyk nie, sy wys vir ons dat sy steeds soos enige ander mens is. Sy deel haar stories met die mense wat haar volg op haar goeie én slegte dae. Sy het my meer gemaklik laat voel in myself en my laat glo dat ek my drome kan volg en alles kan doen as ek net my kop op die regte pad hou en glo. Dis so lekker om te sien dat daar mense is wat so ’n groot following het deur net hulself te wees.

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

Iets in die lyn van Kom ons kyk, want jy as kyker gaan kyk wat in my deurmekaar lewe aangaan.

Wat is jou lewensdroom?

Om eendag die volgende Mej. Suid-Afrika te wees of om op die loopplank te loop vir ’n wêreldbekende ontwerper.

Kailen in ’n neutedop

1. Winter of somer? Winter

2. Koffie of tee? Tee

3. Bordspeletjies of fliek? Bordspeletjies 

4. Hond of kat? Hond

5. Boek of tydskrif? Tydskrif

6. Soet of sout? Soet

7. Jeans of rok? Rok

8. TikTok of Instagram? Instagram

9. Twitter of Snapchat? Snapchat

10. Wildtuin of see? See

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees