Hoe groet jy ’n stad wat vir agt jaar deel van jou menswees was? Stukkie vir stukkie.
Jy neem jou tyd. Begin eers by die mense … groet jou vriende, kollegas, geliefdes. Daarna laat val jy jou blik vir oulaas op die Stad van Goud se bakens: Ponte-toringgebou, Mellville koppies, Emmarentia-dam, Maboneng-distrik, Dieretuinmeer, Orlando-torings en die Nelson Mandela-brug.
En voor die stad begin lewe kry, ry jy uit, douvoordag, en beleef ’n stille “good bye”-oomblik wat eintlik net in ’n Leonard Cohen-song hoort. “Skielik besef jy, as jy terugkom, ontvang die stad jou as ’n kuiergas.”