Op VIA se spesiale celeb-weergawe van Kom ons braai moet gesinne uithaal en wys wanneer hulle teen mekaar kompeteer vir die braai-beker waar alles op die kole voorberei moet word terwyl gaste vermaak word met speletjies en die celebs heerlike saameet en kuier.
Vandeesweek is dit niemand anders as sanger Bobby van Jaarsveld en akteur Neels van Jaarsveld wat aansit by die braai-tafels nie.
Neels vertel hy het weereens besef Suid-Afrika het ongelooflike unieke en vriendelike mense. “Ek dink ek het vir Bobby die meeste geniet. Hy is ’n fees. Ek aanvaar hom! Hy is ’n legend en alles is lekker saam met Bob,” vertel Neels opgewonde.