book-icon Uitgawe Julie/Augustus 2022

Kosstilis Elmarie Berry gesels oor haar drome: ‘Dit voel onwerklik, veral as dit jou passie is’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Elmarie Berry
Elmarie Berry

Elmarie Berry, kosstilis, resep-ontwikkelaar en mede-eienaar van die Samesyn-handelsmerk (luukse linneprodukte bedruk met kosfoto’s), het altyd gedroom van ’n werk in die koswêreld, maar sy’t nooit kon dink haar flair met kos sal tot soveel “knyp my”-oomblikke lei nie.

Soos toe sy met die instap by Exclusive Books haar eerste kookboek in die nr. 1-posisie sien (binne ’n week ná uitreiking). En haar kosbedrukte ontwerper-reënjas aan ’n loopplank-model in New York – gekies uit duisende uitstallers by die NY Now-skou.

En nou die dag, toe sy voor die kameras inskuif op Aleit Swanepoel se nuwe kykNET-leefstylprogram, Die laaste tyd met Aleit. (Die reeks, wat op 2 Julie begin het, is voor sy dood klaar opgeneem.)

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

September/Oktober-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees