Sowat 10 jaar gelede het SARIE die aktrise Diaan Lawrenson en haar dogtertjie Olivia Rose vir die 2de keer op ons voorblad gehad.
Nou verskyn dié tweetjies vir ’n vyfde keer op ons voorblad vir die Mei/Junie-uitgawe. Kyk weer die skattige video wat ons destyds gedeel het, en onthou vandag is jou laaste kans om dié uitgawe van SARIE aanlyn of in die winkels te koop.