Dié spesiale geleentheid het plaasgevind by ’n vriendin se huis. “Dit was ’n verrassing, maar ek het so ’n bietjie snuf in die neus gehad,” erken sy aan SARIE.com. “Ek het maar, soos gewoonlik, saamgespeel.”
Dit was ’n dag wat sy nooit sal vergeet nie. “My kombuistee was een van die mees special moments wat ek nog ervaar het en ek kan nie genoeg dankie sê vir my mense nie. Dit was baie meer as waarvoor ek ooit sou kon vra!”
Bernice kan niks van die dag uitsonder as die grootste bederf nie, want alles het as hoogtepunte uitgestaan. “Ek het my ouma se appeltert leer bak. Ons het gebid en gesalf, geëet en gekuier en cocktails leer maak waarmee elke bestanddeel iets positiefs van die verhouding moes simboliseer,” vertel sy.