Die Melktert Kommissie was een so ’n groep wat jong Suid-Afrikaners se idees en gevoelens in hul lirieke vasgevang het.
Die groep, wat bestaan uit vriende Lucinda Neethling (hoofsanger en akoestiese kitaar), Jean-Marie Korff (elektriese kitaar en agtergrondsang), Tim van der Westhuizen (baskitaar) en Jan-Adriaan Korff (tromme en agtergrondsang) vier vanjaar hul 21ste verjaarsdag!
Hierdie Afrikaanse musiekgroep van Jeffreysbaai het in 2002 die eerste Jip Rockspaaider-kompetisie gewen en van toe af gehore op hul voete gehad. Hulle het ook die prys vir die beste nuwe Afrikaanse poplied daardie jaar verower. Hierdie liedjie, wat Lucinda geskryf het, het ’n stukkie kletsrym ingehad.