“2022 was een wilde, wonderlike rit! So baie veranderinge! Trek, toer (met ons verhoogproduksie Trou is nie perdekoop nie), boer, tweede baba, nuwe reeks, ongeluk wat ons getref het. Maar in die ongeluk was daar soveel seëninge . . .” som sy die jaar op.
Christel se 40ste verjaarsdag was ’n spoggeleentheid by die Zoolake Bowling Club in Johannesburg. “Ek wou nog altyd ’n 70’s pool party hou,” vertel Christel.
“Ek het ’n venue op die plaas, maar ek en my man, David (Louw) het beide aan ’n reeks in Johannesburg geskiet en het toe daar verjaar.”