Wel, die Getroud met rugby-aktrise Ansu Visser (29) het Saterdagoggend 16 April uitgevind dit is nie die paashaas wat dié keer so oulik is nie, maar haar kêrel, die gewese Lions-rugbyspeler Wilhelm van der Sluys (30).
“Dit is net hierdie een oomblik in jou lewe wat jy nooit sal vergeet nie. Ek probeer net die heeltyd myself herinner hoe dit gelyk het en hoe dit gevoel het toe ek sien hoe hy glimlag toe hy op sy knie neersak,” vertel Ansu aan SARIE.com.
Die tweetjies het Paasnaweek by Wilhelm se ouers se strandhuis in Hermanus deurgebring.