“Ons drie is soos die three musketeers. Marguerite is ook die best (wo)man by my troue,” vertel hy. Sy verloofde, Mica McKechnie, kon ongelukkig nie saam gaan nie, want sy moes werk.
Hulle het drie aande in Athene spandeer, waarna hulle die eiland Paros besoek het. “Dit was wonderlik en beautiful gewees! Dis nou somer daar, so ek het nie een keer eers ’n trui of ’n ding gedra nie en die son het eers laat in die aand gesak.”
Vir hom was die Griekeland in die somer ’n paradys.