Donkerbos, ’n drietalige moorddrama wat in Limpopo afspeel, stroom nou op Showmax, met nuwe episodes wat elke Dinsdag tot 17 Januarie 2023 beskikbaar sal wees.
Die agt-episode reeks word vervaardig deur Nagvlug Films (2022 SAFTA-wenner Nêrens, Noord-Kaap, 2022 SAFTA-genomineerde Skemerdans, en 2022 Oscar-inskrywing Barakat).
Veelbekroonde aktrise Erica Wessels vertolk die rol van speurder Stephanie, oftewel Fanie van Wyk, en lei ’n indrukwekkende rolverdeling wat SAFTA Lifetime Achievement Award-wenner Thoko Ntshinga, Fleur du Cap-wenners Sanda Shandu en Nicole Holm asook veelbekroonde akteur Wilhelm van der Walt, insluit.