Al dié toetse was negatief behalwe vir een uitslag (tydens sy besoek aan België), wat onbeslis was – dit het beteken hy moes weer getoets word net om toe ’n negatiewe uitslag te lewer.
Tog hou niks hom terug om sy eie reis te lééf nie en kykers van sy reeks, Leef jou reis, op kykNET, kan uitsien na ’n opwindende nuwe seisoen propvol avontuur.
“Soos altyd is my doel met die reeks om mense te inspireer om te reis, maar terselfdertyd wil ek hê mense moet nuuskierig genoeg wees om te verken,” sê Gerrie.