“My sprokiesdroom van ’n huwelik, van ’n lewe saam, het tot ’n einde gekom. Dit was twee uitdagende jare. Maar toe ek in daardie ‘vuur’ staan, het ek geen keuse gehad nie . . . ek moes net veerkragtig wees,” vertel sy.
In 2021 het Desiré saam met haar twee kinders, James (11) en Robin (6), verhuis na Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap, waar haar ouers woon. ’n Tweede kans nadat haar huwelik van nege jaar geëindig het.
Maar kyk sy nou terug, besef sy dat daardie persoonlike uitdagings van oppak en oorbegin ook hul “lepeltjies suiker” en “nuwe drome” gebring het.