Morgan: 'Môre is nie gewaarborg nie'

akkreditasie
Morgan Gullan is in die Top-10 van SARIE Nuwe Gesig
Morgan Gullan is in die Top-10 van SARIE Nuwe Gesig
Morgan Gullan is ’n graad 12-leerder van Our Lady of Fatima Dominican Convent School in Durban. Sy is van Mooirivier en droom daarvan om die wêreld te sien, maar wil bowenal teruggee aan die gemeenskap waarin sy grootgeword het.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Niks is verseker nie. Nie een van ons se môre is gewaarborg nie, want ons is nie in beheer nie. Dit het daartoe gelei dat ek baie dinge moes heroorweeg. Waarom beskou ek elke dag as vanselfsprekend? Ek het besef elke dag is kosbaar en ek moet die beste daarvan maak. Ek moet hierdie tyd gebruik om meer te doen waaroor ek passievol is, positiewer te wees oor die lewe, en stadiger te leef. Ek het beslis besef dat ek die spesiale mense in my lewe meer moet waardeer, en dat ek moet doen wat my motiveer.

Menslike kontak en interaksie word al hoe minder en ek het net besef hoe belangrik dit is en hoe nodig ons dit het, dat nie net ek nie, maar soveel ander mense dit so nodig het. Ek het altyd gedink dat ek goed op my eie kan regkom, maar nou besef hoe belangrik ’n eenvoudige drukkie is.

Ek is verstom oor die mensdom se resilience. Ons vermoë om so vinnig gewoond te raak aan die “nuwe normaal”. Die hele wêreld het voor hierdie massiewe verandering te staan gekom, iets wat ons nog nooit voorheen beleef het nie. Ons het almal bymekaargekom en gewys hoe aanpasbaar ons is in tye van onsekerheid.

Die woord “empatie” het in my kop kom vassteek. Dis die vermoë om gevoelens en emosies te verstaan, en om te probeer verstaan wat ’n ander persoon ervaar. In hierdie tyd het ek besef hoe belangrik dit is. Ons was almal by die huis met niks om te doen nie, maar daar is baie erger dinge as om verveeld te wees. Ons sukkel steeds met die gevolge van die pandemie, en daarom is dit belangrik dat ons bewus bly van die mense rondom ons wat geliefdes verloor het. Ons moet moeite doen om daar te wees vir ons medemens en hulp aan te bied waar ons kan. Daar is soveel dinge wat ons net as vanselfsprekend aanvaar, en ek het besef deur van onsself te gee waardeer ons die voorregte wat ons het net meer. Om ons persepsie van die lewe ten goede te verander moet ons introspeksie doen, en sodoende beter mense word.

As ek net drie apps op my selfoon mag hê, dan kies ek ...

  • Apple Music – omdat musiek my bui verbeter en my kalmeer as ek gespanne is.
  • TikTok – dit hou my besig as ek verveeld is en verbind my met baie mense reg oor die wêreld; dit help my om kreatiwiteit raak te sien.
  • Instagram – verbind my met die wêreld en hou my in noue kontak met my vriende. Beide TikTok en Instagram laat my toe om oor my lewe te post en die regte ek te wees.

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Candice Swanepoel. Sy het bewys dat dit selfs uit ’n klein dorpie soos Mooirivier moontlik is om suksesvol te wees in die internasionale mode-industrie. Sy is ’n rolmodel wat my motiveer om my droom na te jaag om naam te maak in die modewêreld. Sy is nie net buitengewoon mooi nie, maar sy maak ook ’n verskil in so baie vroue se lewe. Sy is betrokke by ’n liefdadigheidsorganisasie wat werk om ’n MIV-vrye generasie van vroue en kinders in Afrika te bewerkstellig. Dit is belangrik dat ’n mens teruggee en ’n verskil maak in die wêreld waarvandaan jy kom – dít inspireer my.

Morgan se inskrywingsfoto's
Morgan se inskrywingsfoto's
Morgan se inskrywingsfoto's

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

Being Morgan.

Wat is jou lewensdroom?

Ek droom daarvan om eendag alles te bereik wat ek gewens het en waarvoor ek gewerk het. Ek hoop dat ek suksesvol kan wees met ’n graad en ’n goeie werk. Om heeltemal gelukkig en tevrede te wees met die lewe, en ’n goeie en sterker ingesteldheid te hê. Ek hoop dat ek meer kan leer deur die wêreld te sien en nuwe mense te ontmoet. Ek wil ’n verskil en verandering in die wêreld maak deur ander te help en terug te gee. Ek wil graag my Duits verbeter, en nog verskillende kulture en lewenswyses ervaar. Ek hoop om steeds avontuurlustig te wees sodat ek net voluit kan lewe!

Morgan in 'n neutedop

  1. Winter of somer? Somer
  2. Koffie of tee? Koffie
  3. Bordspeletjies of ’n fliek? Fliek
  4. Hond of kat? Hond
  5. Boek of tydskrif? Boek
  6. Soet of sout? Soet
  7. Jeans of rok? Jeans
  8. TikTok of Instagram? TikTok
  9. Twitter of Snapchat? Snapchat
  10. Wildtuin of see? Wildtuin

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.



JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees