SARIE.com het met bekendes gaan gesels oor hul “nuwe normaal” en hoe hulle daarby aanpas en by ’n kenner ingeloer vir raad.
Akteur Armand Aucamp, wat tans te siene is in die kykNET-dramareeks Spoorloos: Die eiland het nie toegelaat dat die pandemie hom stuit nie.
“Ek my besigheid, KOER (eerste en grootste Afrikaanse maatsoek-app) geloods en dit het vlam gevat en gegroei. Soveel so dat my nuwe normaal nou ’n besigheid bevat – wat ’n gróót verandering is en waarvoor ek uiters dankbaar is!”