Nicole: 'Niks is in ons hande nie'

akkreditasie
Nicole Nathan se groot inspirasie is voormalige Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss
Nicole Nathan se groot inspirasie is voormalige Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss
Nicole Nathan is ’n graad 11-leerder van Woodhill College in Pretoria. Die voormalige Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss se gedrewenheid en selfvertroue is vir haar ’n groot inspirasie.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Ons moet meer waardering hê vir dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, soos ons vryheid, gesondheid en tyd saam met familie en vriende. Niks is in ons hande nie en omdat die toekoms onvoorspelbaar is, moet ons elke dag voluit lewe! Dit het my net weer herinner om dankbaar te wees vir elke dag wat ons het en net die lewe te geniet.

As ek net drie apps op my selfoon mag hê, dan kies ek ...

WhatsApp, Instagram en TikTok.

Nicole se inskrywingsfoto's
Nicole se inskrywingsfoto's
Nicole se inskrywingsfoto's

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Rolene Strauss, omdat sy in haarself glo en nie opgee nie. Sy het weer vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf en gewen nadat sy die eerste keer onsuksesvol was. Daarna het sy ook die Mej. Wêreld-kompetisie gewen. Sy is gedrewe en hardwerkend. Sy is nie net ’n goeie vrou en ma nie, maar het ook ’n mediese kwalifikasie agter haar naam.

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

Nicole se geldige kommentaar.

Wat is jou lewensdroom?

Om eendag ’n volhoubare loopbaan te hê en om elke geleentheid wat ek kry aan te gryp, om altyd ietsie meer te doen en die ekstra myl te loop. En die heel belangrikste – om gelukkig te wees en ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê.

Nicole in ’n neutedop

1. Winter of somer? Somer

2. Koffie of tee? Tee

3. Bordspeletjies of fliek? Fliek

4. Hond of kat? Hond 

5. Boek of tydskrif? Boek

6. Soet en sout? Albei

7. Jeans of rok? Jeans

8. TikTok of Instagram? Instagram

9. Twitter of Snapchat? Snapchat

10. Wildtuin of see? See

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd



JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees