Nita: 'Ek steur my nie aan klein goedjies'

akkreditasie
Nita de Jager is 'n graad 12-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch
Nita de Jager is 'n graad 12-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch
Nita de Jager is ’n graad 12-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch. Sy steur haar nie aan kleinighede nie en probeer om altyd positief te bly.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Dat ons almal partykeer net ’n oomblik moet stilstaan om te sien wat regtig belangrik is. Ons is so geneig om deur die lewe te jaag en nie die magic rondom ons raak te sien nie. Dit het my geleer hoe belangrik dit is om tyd saam met jou geliefdes deur te bring en ook tyd vir jouself te maak. Elke keer wat ek en my gesin lag-lag om ons huis gedraf het, het ek opnuut besef hoe bevoorreg en geseënd ek is. 

As ek net drie apps op my foon mag hê, dan kies ek ...

WhatsApp, Pinterest en Instagram. 

Nita se inskrywingsfoto's
Nita se inskrywingsfoto's
Nita se inskrywingsfoto's

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Natasha Joubert, omdat sy ten spyte van teleurstellings haar kop lig en aanhou probeer. Sy gaan sit nie in sak en as en dink die lewe skuld haar iets nie, maar jaag haar drome volstoom na, ten spyte van die struikelblokke op haar pad.

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

Niks nonsens met Nita. Ek steur my nie aan klein goedjies wat op die ou end nie die moeite werd is om jou kop oor te breek nie. Ek het 99% van die tyd ’n reuse-glimlag op my gesig en probeer fokus op die positiewe. 

Wat is jou lewensdroom?

Ek droom daarvan om eendag ’n prokureur te wees. Ek sal graag op hierdie manier ’n verskil in ander se lewens wil maak. Ek sal wil spesialiseer in familiereg, omdat dit my baie na aan die hart lê.

Nita in ’n neutedop

1. Winter of somer? Somer

2. Koffie of tee? Koffie

3. Bordspeletjies of fliek? Bordspeletjies

4. Hond of kat? Kat

5. Boek of tydskrif? Tydskrif

6. Soet of sout? Soet

7. Jeans of rok? Rok

8. TikTok of Instagram? Instagram

9. Twitter of Snapchat? Snapchat

10. Wildtuin of see? See



JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees