Deel

Nuwe moed ná Voorbladgesig

akkreditasie
FOTO Instagram / @danielle.talmaggies
FOTO Instagram / @danielle.talmaggies
Haar Top-10-plek met haar derde SARIE Voorbladgesig-probeerslag het vir Danielle Talmaggies net weer gewys – moet nooit jou drome laat vaar nie.

Vir haar was haar Voorbladgesig-reis ’n leerskool. “Dit het my geleer om nie beperkings op myself te sit nie en om meer te netwerk,” sê die 26-jarige model van Brackenfell.  

Sy het ook baie geleer van die ander finaliste. “Die wedstryd het my herinner om nie ander te oordeel nie. Jy weet nie wat iemand se storie of agtergrond is en watter uitdagings hulle al moes oorkom nie.”  

Toe sy die ander finaliste weer voor die gala-aand sien, het dit vir haar gevoel asof sy hulle al jare lank ken. “Jy bou wonderlike vriendskappe tydens SARIE Voorbladgesig.”

Sy het die ander nege vroue die eerste keer ontmoet by die voorblad-fotosessie in Kaapstad, ’n week wat sy as ’n hoogtepunt beskou. Hoewel sy skaam voorkom, het sy tydens die sessie voor die kamera geblom.

“Ek voel baie gemaklik voor die kamera. Dit is waar ek myself kan uitdruk. Tydens die fotosessie voel jy soos ’n celebrity.” 

Hoe het dit gevoel om deur SARIE-stylredakteur Fanie Cronjé en die bekende fotograaf Leana CR onder hande geneem te word? 

“Fanie ken sy storie! Hy kan enige klere bymekaar sit en dit maak werk. Hy het my geleer dat jy jou persoonlikheid deur jou klere kan wys, en dat dit die belangrikste is om gemaklik te voel in jou uitrusting.

“Leana verdien haar reputasie as een van ons land se beste fotograwe. Sy het my toegelaat om myself te wees, maar ook vir my waardevolle leiding gegee. En die resultate was asemrowend, die foto’s is wow.”

FOTO Phyllis Green
FOTO Phyllis Green
FOTO Phyllis Green
FOTO Phyllis Green
FOTO Phyllis Green
FOTO Phyllis Green

Die hele ervaring was vir haar een van eerstes. “Dit was my heel eerste keer in ’n 5-ster-hotel soos die Cullinan. Ek het ook my heel eerste professionele massering by die Isa Carstens Akademie gekry en dit was die lekkerste gevoel om net te ontspan.”

Danielle is ook bederf deur ons ander borge, Jimmy Choo, Kalahari Lifestyle en INOAR. “Kalahari het die lekkerste produkte vir my sensitiewe vel gegee. My hare is een van my beste eienskappe en met INOAR se produkte voel en lyk my hare gesond met ’n natuurlike glans. Ek het ook my gunstelingparfuum gekry – Jimmy Choo Floral!”

voorbladgesig
FOTO Leana Clunies-Ross

Die kompetisie het haar moed gegee om nuwe uitdagings aan te pak. “Ek wil graag my passie volg en meer modelwerk doen. Ek het reeds ’n fotosessie gedoen vir ’n bekende klerewinkel. Verder het ek ’n besigheid begin om velprodukte te verkoop en vir ander te leer hoe belangrik goeie velsorg is.”

Een ding is seker – Danielle laat nie haar drome vaar nie. Vir dié finalis is die moontlikhede eindeloos en geleenthede iets wat jy vir jouself skep.

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees